MOSSELBAAI NUUS - Die AGS vroue het onlangs bymekaargekom vir 'n Vrouetee by die gemeenskapsaal op Groot-Brakrivier.
Sersant Pippie Botha van die Groot Brak Polisie was ook teenwoordig en sê dit was 'n heerlike geleentheid wat vroue saamgebring het.
"Ons het gedeel, gelag en vergeet van ons omstandighede en probleme en net saam gewees.
"Dit was lekker om net in mekaar se teenwoordigheid te wees en die Here te dien," sê sy.
Gaynor Gartse was die gasspreker by die geleentheid. Daar was vroue van Stilbaai, Mosselbaai, Jonkersberg, Groot Brak, Friemersheim en Drie Bruggies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’