STILBAAI NUUS - Korrekte inligting oor Covid-19 en die veiligheidsreëls in die werksplek is die beste manier om werkers te bemagtig.
Met dié uitgangspunt het Stilbaai Sakekamer besluit om 'n kursus oor die onderwerp gratis aan alle besigheidslui beskikbaar te stel, nie net aan lede van die sakekamer nie.
Volgens ondervoorsitter Tertius Haak is die kursus deur een van hul lede ontwikkel. Onderwerpe wat gedek word, sluit onder meer die algemene reëls vir 'n veilige werksomgewing, simptome van Covid-19, blootstellingsrisiko's en bronne van finansiële hulp vir werkers in.
Die inligting kan op die sakekamer se webwerf by www.stilbaaibusiness.co.za afgelaai word.
Een van die inligtingstukke in die kursus.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'