MOSSELBAAI NUUS - Die Danabaai-bewarea in samewerking met raadslid Marie de Klerk bied môre, Saterdag 11 Januarie, om 11:00 'n slangbewusmakingsgeleentheid by die Danabaai-gemeenskapsaal aan.
Die aanbieders is plaaslike slangkenners Heinrich Ninaber en Stoney Steenbergen en 'n slangkenner Nick Kolberg van George.
Die doel van die geleentheid is om belangstllendes te leer om te onderskei tussen die verskillende spesies slange wat in ons omgewing voorkom en wat jou te doen staan as jy op 'n slang afkom asook wenke hoe om 'n slangbyt te voorkom.
Nick sal 'n demonstrasie met slange lewer. Almal is welkom (ook inwoners wat nie in Danabaai woon nie). 'n Donasie om die uitgawes van die slangkenners te dek, word gevra. Skakel vir Stoney (083 609 9683) indien jy dit gaan bywoon sodat logistieke reëlings getref kan word.
Slangkenner Nick Kolberg sal 'n demonstrasie met slange lewer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'