Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die vroue van ACVV Kenani op Mosselbaai het Vrydag, 11 Augustus, hul Vrouedag-vieringe gevier met Vintage as die tema vir die dag.
Streng gesproke word Vintage vertaal as oesjaar, wat op sy beurt weer neerkom op goeie wyn.
FOTOGALERY: ACVV Kenani se Vrouedag-vieringe
'n Wynprodusent wat 'n goeie oesjaar het, produseer wyne van top-gehalte en so is die vroue van Kenani. Vroue van 'n goeie oesjaar!
Die woord "antiek" is ook gebruik, wat direk gekoppel word aan iets wat oor 'n lang periode hoë gehalte en kwaliteit bereik. En so is meeste van ons bejaardes vandag.
Venolia Fortuin, Speaker van die Mosselbaai-munisipaliteit, was een van die gassprekers. Fortuin het met Kenani se voorsitter, Bessie Badenhorst, 'n spesiale boodskap gedeel. "Vroue moet die regte keuses uitvoer om die prioriteite reg uit te voer.
Marie en Brenda de Klerk het saam met Ronell Stopforth opbouende en bemoedigende boodskappe gedeel. "Ons bejaardes is vir ons spesiaal en ons ag elkeen hoog.
Hulle is vir ons uitstaande en ons het dekor gebruik wat by hul goeie herinneringe van ouds kon oproep en hul spesiaal laat voel," het Stopforth gesê.
Die bejaardes was aangemoedig om 'n oesjaar-item te dra of saam te bring. Van 100 jaar oue-ringe, tot bybels uit die vroeë 1900's, en die stories daarby was gedeel met almal. Daar is ook verskeie oudhede uitgestal wat deur Francios Conradie verskaf was, wat as dekor vir die dag gebruik is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’