MOSSELBAAI NUUS - Die ACVV Kenani-dienssentrum hou weer op Saterdag, 6 Julie mini basaar en wit olifant-verkoping by hulle perseel, Alpha-straat 7.
Die geleentheid begin om 08:00.
"Ons is op soek na al jou ougoed. As jy meubels in die huis of in die motorhuis het wat moet uit, bring dit vir ons.
Soos jy elke dag dreig, pak jou kas uit vir klere wat te groot of te klein geraak het, en bring dit vir ons. Want wat vir jou net gemors is, is vir 'n ander 'n kosbare vonds."
Vir enige navrae kontak die Kenani-kantoor (044 690 3204 of 044 690 3794).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'