MOSSELBAAI NUUS - Die ACVV Kenani-dienssentrum beplan 'n Witolifant-verkoping/basaar vir Saterdag, 28 Mei.
Hulle is dus op soek na enige oorbodige items in jou huis.
Daardie items, soos byvoorbeeld ou klere asook allerlei ditjies en datjies wat net rondstaan, is alles welkom. Wat vir jou net gemors is, is vir 'n ander 'n kosbare vonds.
Daar sal op die dag van die verkoping ook heerlike eetgoed te koop wees. Verkope begin om 08:00.
Vir navrae of indien jy kan help met enige van hierdie items, skakel 044 690 3204 gedurende weeksdae tussen 08:00 en 15:00.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'