Die doel hiermee is om aan behoorlike kaskar renne deel te neem, wat op 16 Desember tussen 09:00 en 12:00 in Groot-Brakrivier aangebied gaan word. Leerders se ywer het heel gou 'n paar kaskarre tot gevolg gehad en aan inisiatief en ywer het dit gewis nie ontbreek nie.
Deelnemers is die uitdaging gestel om inisiatief en entrepreneursvaardighede aan die dag te lê en die kaskarre van afvalmateriaal te vervaardig. Hierbenewens moet hulle ook bedrewe vakmanskap aan die dag lê, om seker te maak die kaskar hou en staan 'n goeie kans om die renne te wen.
"Ons voorsien dat omtrent 20 kaskarre uiteindelik gebou sal word. Die jongmense se vaardigheid en entoesiasme is merkwaardig; hulle het hulself reeds in spanne georganiseer en elke span het 'n werklik unieke naam," berig Laurinda Smit, een van die organiseerders. "Die leerders word terselfdertyd blootgestel aan die waarde van herwinning." Daar is egter een groot uitdaging wat die leerders nog 'n bie-tjie kierang, en dit is die beskikbaarheid van wiele vir die kaskarre. As daar iemand is met 'n ou grassnyer of iets anders wat vir wiele af-getakel kan word, sal die skool dit hoog op prys stel.
Daar word met groot opgewondenheid uitgesien na die renne en die deelnemers se moed en bestuursvernuf gaan behoorlik getoets word. Hierdie renne behoort baie aanskoulik te wees en die hele gemeenskap word uitgenooi om die geleentheid te ondersteun.
Navrae kan gerig word aan Laurinda Smit by 044 620 3144. Borge wat belangstel om pryse vir die renne te verskaf, is welkom om Laurinda te kontak.

Van net 'n hoop planke en 'n paar wiele het die ywerige skrynwerkers, leerders van Groot Brak Sekondêr, onder die waaksame oog van hul opvoeders heel gou 'n paar kaskarre tot stand gebring.
Foto's: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'