Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Karwag, wat maar slegs sowat 'n maand lank by 'n parkeerterrein in Da Nova by Die Broodmandjie diens doen, het sy eerste ondervinding met twee diewe gehad wat 'n skootrekenaar uit 'n voertuig gesteel het.
Volgens Petrus Herbst het hy so 'n week gelede 'n verdagte persoon by 'n voertuig wat voor die drankwinkel geparkeer gestaan het, sien ronddrentel. Die 'n man en 'n vrou wie se voertuig dit was, was in een van die winkels.
"Ek het die verdagte persoon twee keer gewaarsku om van die voertuig weg te kom," het Herbst aan die Mossel Bay Advertiser vertel.
Herbst vertel verder dat die verdagte man egter weer teruggekom, die voertuig se deur oopgemaak en die skootrekenaar gevat het. "Ek het die man gevang en hom in een van die winkels ingevat." Die polisie is gekontak, maar oomblikke daarna het die verdagte man se makker met 'n mes by die winkel ingestorm en die twee mans het saam weggehardloop.
Herbst, die polisie en Scorpion Sekuriteit het die mans agternagesit waar hulle op 'n bult naby 'n informele nedesetting vasgetrek is. 'n Saak van diefstal word ondersoek. Die skootrekenaar is teruggevind.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'