MOSSELBAAI NUUS - Die susters van die Hervormde Kerk Mosselbaai het onlangs 'n besoek gebring aan Karos Haven waar verswakte bejaardes, wat nêrens anders 'n heenkome het nie, versorg word.
Die vreugde was groot onder die inwoners en personeel met die skenking van 'n groot hoeveelheid huishoudelike ware, toiletware, linne, handdoeke, gehekelde kniekombersies en grootmaat soppoeiers.
Die inwoners is ook bederf met heerlike gebak tydens hulle teetyd. Na die besoek is die mooi versorgde kamers van die inwoners aan die besoekers gewys, maar die besoekers het diep onder die indruk gekom van die behoefte aan instandhouding om die buitenste loopvlakke veiliger te maak vir die inwoners aangesien meeste van hulle moeilik beweeg.
Karos Haven word uitstekend bestuur deur Wendy en haar toegewyde personeel wat geen moeite ontsien om dit vir hulle inwoners gemaklik te maak met dit wat tot hulle beskikking is. Wendy kan gekontak word by 079 771 4359 indien jy ook vreugde in iemand anders se lewe wil bring.
Van die inwoners en personeel van Karos Haven saam met Lokkie en Giesela van die Hervormde Kerk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'