MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-polisie is nog op 'n kapingstoneel.
Volgens kaptein Wollie Fourie, polisiewoordvoerder, het die kaping vanoggend tussen 02:00 en 04:00 plaasgevind.
"Die klaagster en haar vriend het in Joe Slovo gery toe hul deur 6 swart mans met messe gedreig was en die voertuig gekaap is. Die vriend is nog saam met die verdagtes in die voertuig."
Fourie sê hulle het vermoedelik in die rigting van PE gery.
"Die voertuig is 'n grys Ford Fiesta met EC-registrasie."
Lees die nuutste hier: 'Gekaapte' motor gevind
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'