MOSSELBAAI NUUS - Kansa het op 30 Oktober 'n geslaagde Koppie vir Kansa-geleentheid by die die Bahia Bleu Restaurant, Diaz Strand Hotel aangebied.
Die gaste is met heerlike eetgoed trakteer en die strelende klanke van saksofoonspeler, Jaco Kriek. Adéle van Niekerk, 'n voorkomskonsultant het grimeerwenke gedeel en 'n demonstrasie hiervan aangebied. Heidi Olivier het 'n dansitem met 'n Christelike inslag gelewer.
Tydens 'n kort seremonie is 'n kers is aangesteek, simbolies daarvan om die lewe en Kansa se 90ste bestaansjaar te vier.
Rita Marx, 'n kankervrywilliger het rondom die tema van Kansa se 90ste bestaansjaar gesels. Hierdie tema, Eternity Wisdom verwys daarna dat Kansa reeds verskeie mylpale bereik het, maar ook baie wysheid in hul diensleweringsveld bekom het. Dit alles word tot die voordeel van kankerpasiënte en die gemeenskap wat bedien word aangewend.
Verder het die ondersteuning, liefde en sorg wat die organisasie bied, ewigheidswaarde. Gaste is aan 'n wye spektrum aktiwiteite bekendgestel waarby vrywilligers betrokke kan raak.
Ina van Zyl van Kansa het groot waardering vir die besigheidsgemeenskap van Mosselbaai wat ruim bygedra het deur middel van geskenkbewyse en donasies. Sodoende kon 'n groot aantal gaste wenners van die gelukstrekkings wees.
Voorkomskonsultant, Adelé van Niekerk (regs) en Heidi Olivier wat beide tydens die geleentheid opgetree het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'