HARTENBOS NUUS - Hartenbos-rolbalklub het op Donderdag, 8 Februarie 'n heerlike dag ten bate van Rolbal Suid-Afrika se Kansaprojek aangebied.
'n Groot aantal deelnemers, baie gepas geklee in pienk, het almal in heerlike weer op die uitstekende bane deelgeneem. Die dag is geborg deur Hartenbos Spar.
Die wenners van die dag was Bertus Pienaar, Ewald van der Walt en Chris Snyman. Hulle is gelukgewens deur Pieter Greeff, die klub se president.
Alle fondse wat ingebring is, is ten bate van Rolbal Suid-Afrika se Kansaprojek.
Deelnemers aan die Hartenbos-rolbalklub se Kansa-rolbaldag.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'