MOSSELBAAI NUUS - Dit is Kansa Suid-Kaap Karoo, spesifiek die omgewing Glentana tot Heidelberg (Slangrivier) se doel om gedurende September die area te hul in 'n gloed van goud wat die kleur is vir kinderkankerbewusmaking.
Kansa Suid-Kaap Karoo bied gedurende September 'n kinderkankerbewusmakings-veldtog aan waarby deelnemende skole, ook finansieël kan baat vind.
"Ons het dit goed gedink om aan alle leerders 'n goue strikkie, wat deur Kansa voorsien sal word, te koop aan te bied teen 'n vasgestelde prys, wat vooraf met skole ooreengekom sal word. Hierdie fondsinsamelingsgeld sal dan eweredig verdeel word tussen die deelnemende skool en Kansa en die skool kan dus hul gedeelte van die inkomste gebruik vir eie gewin," verduidelik Lucinda Viljoen van Kansa.
Kansa neem die bemarkingsveldtog en die verspreiding van die strikkies na skole op as hul verantwoordelikheid en deelnemende skole sal dus hul strikkies reeds gedurende Augustus ontvang, met die idee om dit regdeur September te dra as deel van die bewusmakingsveldtog.
Kanker is nie aansteekllik of oordraagbaar nie. Die meeste kankers wat tydens kinderjare opgespoor word, kan meer suksesvol behandel word indien dit vroeg opgespoor word. Kanker tydens kinderjare word veroorsaak deur genetiese en omgewingsfaktore. Leukemie is die mees algemene kanker onder kinders van alle rasse in Suid-Afrika.
Ander algemene kankers wat in die kinderjare voorkom sluit in: kanker van die bindweefsel, oog, senuwees, lewer, niere, spiere en skelet.
Behandeling veroorsaak 'n onderdrukte immuniteit in kinders met kanker, wat kan lei tot lang periodes van afwesigheid van die skool. Kinders het die reg om groot te word in 'n rookvrye wêreld – inaseming van tweedehandse rook is skadelik.
Die rook van sigarette en waterpype (hubbly bubbly) is veral skadelik vir kinders.
Vir meer inligting en deelname, kontak Lucinda (082 663 3529 of stuur e-pos na lucinda@cansa.org.za.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'