MOSSELBAAI NUUSFLITS - Daar is by minstens vyf tente by die Punt karavaanpark op Mosselbaai ingebreek.
Volgens die Mosselbaai-polisiewoordvoerder, adjudant offisier Pieter Koekemoer het die voorval tussen Dinsdag 12 Desember om 23:00 en Woensdag 13 Desember plaasgevind.
“Waardevolle items soos skootrekenaars, selfone, juwele en duur klere is gesteel.”
Koekemoer doen ‘n beroep op vakansiegangers om nie waardevolle items bedags in tente te los nie en ook nie saans nie.
“Skryf alle reeksnommers neer en neem foto’s van u items.”
Volgens Koekemoer is daar egter 24uur sekuriteit op die terrein.
Die sekuriteitsmaatskappy word deur die Mosselbaai Munisipaliteit gekontrakteer.
Vir die duur van die seisoen is ekstra sekurtiteit ontplooi.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'