MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaaier Kabous Oosthuizen is gekies as spanlid én kaptein van die Suid-Kaap-span wat die afgelope week aan die 2026 SADSAA Bottomfish Nationals in Oos-Londen deelgeneem het.
Die nasionale hengeltoernooi is van 26 tot 31 Julie deur die East London Ski Boat Club aangebied.
Die ander spanlede is Jannie Stewart en Bertie Stewart. Die diepseehengelvereniging het Oosthuizen gelukgewens met sy verkiesing.
Oosthuizen se verkiesing as kaptein is 'n besonderse prestasie en plaas hom in 'n leiersrol op nasionale vlak in die sport.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’