Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die jaarlikse Mosselbaai Kabeljou Derby het gister plaasgevind.
Sowat 140 hengelaars op 35 skibote het die waters tussen Gourits en Knysna gaan fynkam opsoek na die wen-kabeljou.
Deon Adendorff op die boot Aspoestertjie, het egter 'n pragvis van 31.7 kg by Groot-Brakriver uitgetrek.
Dit was Deon se eerste Derby en hy is van Bloemfontein maar kom hou al die afgelope 15 jaar vakansie in Mosselbaai.
Gunstige see-toestande het geheers en die spanne het het 'n heerlike dag op die water geniet.
Kyk 'n video hieronder.
Die bote kom in en die manne laai hul vangste af
Deon Adendorff en sy groot kabeljou van 31.7kg.
Behalwe vir die Kabeljou van 31.7 kg, het die ander grotes tussen 9 en 15kg geweeg.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'