MOSSELBAAI NUUS - Lede van Mosselbaai se junior stadsraad het op Saterdag, 28 Augustus ‘n spanbougeleentheid gehad waartydens hulle ‘n gedeelte van die gewilde St Blaize-staproete aangedurf het.
Hoewel die wegtrek teen onder 10 grade Celsuis en maar natterig was, was die jonges se spangees allermins geblus.
Die groep het by Curro Mosselbaai in Heiderand begin stap en die staptog in Danabaai voltooi.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'