GROOT BRAK-RIVIER NUUS - 'n Bekende inwoner van Groot-Brakrivier, Martha van Rooyen, alom bekend as Juffrou Martha, is die afgelope week op die rype ouderdom van 90 jaar oorlede.
Sy was 'n vrou met vele talente wie dit met almal wat haar pad gekruis het gedeel het. As naaldwerk-onderwyseres was borduur- en kunswerke haar passie. Sy was 'n bobaas bakster, blommerangskikker en het selfs houtwerk gedoen.
Juffrou Martha was die stigter van die Huisvroueklub op Groot Brak en tot met haar dood 'n aktiewe lid van die Vroue-bediening in die VG Kerk.
Sy het graag haar talente met die gevangenisse en ander organisasies gedeel. As enigiemand by juffrou sou inloer, moes jy eers haar werke besigtig en nie om te spog nie, maar defnitief sou sy iets vir jou wou leer.
Diegene wat sy agterlaat is ryk aan kennis omdat dit haar passie was om kennis te deel.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'