MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Herbertsdale het stof geskop in die oë van die heelwat groter skole in die groter Mosselbaai.
Die 26 leerders wat aan die eisteddfod deelgeneem het, het sonder uitsondering almal met óf goud, of óf goud++ van die kompetisie teruggekeer.
Laerskool Herbertsdale is een van weinig skole in die streek wat met hierdie spogprestasie kan spog.
Die skool en opvoeders is besonder trots op die leerders en op wat hulle vermag het. Elke leerder word bedank vir hul harde werk wat die kompetisie voorafgegaan het. Die opvoeders en ouers, wat met toewyding en opoffering hierdie prestasie moontlik gemaak het, word ook van harte bedank.
Goud, en/óf goud++ het elk van die 26 leerders van Laerskool Herbertsdale wat aan die onlangse eisteddfod deelgeneem het, toegekom.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'