MOSSELBAAI NUUS - Leerders van Erika Primêre Skool wat hulleself toegewy het aan dril- en musiekopleiding onder die kranige hand van lede van 'n plaaslike blaasorkes en met die ondersteuning en hulp van die Da Gamaskop-polisiesonekantoor, het op Donderdag, 23 Augustus hulle vuurdoop gehad tydens 'n uitpasseringsparade.
Die jonges is onder hande geneem vroeër vanjaar en het ook hulle winterskoolvakansie opgeoffer om nuwe vaardighede aan te leer en dit af te rond tot op die punt waar hulle verlede week voor 'n groot aantal toeskouers, met selfvertroue kon optree.
Die parade is by die Erika Primêre Skool op die sportgronde gehou. Na die spanningsvolle optrede, het die leerders met groot glimlagte hulle sertifikate ontvang.
Plaaslike orkesleier, Josie Domingo het die leiding met die projek geneem en dit het onder beskerming van die bevelvoerder van die Da Gamaskop-polisiesone, brig Gerhard Jantjies plaasgevind.
Die projek is daarop gerig om dissipline, respek en gesonde belangstellings onder die jeug te vestig.
Die peleton spog met hulle sertifikate. Saam is van die rolspelers wat die projek moontlik gemaak het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'