MOSSELBAAI NUUS - Drie leerders van Curro Mosselbaai het hulle moue opgerol en gemeenskapswerk by die Da Gamaskop-polisie verrig.
Die drie jongmense, 'n tweelingbroer en -suster, Desi en Willie Meiring en hulle vriend Joshua Hoting het op Donderdag, 28 Oktober polisievoertuie by die stasie gewas en gestofsuig.
"Ons waardeer die jongmense se mooi gebaar," het kapt Wollie Fourie, kommunikasiebeampte van die stasie gesê."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'