MOSSELBAAI NUUS - Klein-Brakrivier se strand was vroegoggend ‘n miernes van bedrwyighede op 27 April waar AfriForum ‘n prettige sportdag vir die jeug aangebied het, ter viering van Vryheidsdag.
Daar is strandspeletjies, ‘n pretstap, vlugbal, raakrugby, toutrek en dies meer aangebied word. ‘n Pretstap is vanaf Hartenbos na Klein-Brakrivier aangebied.
“Ons is meer as enkeldiepte deur die Klein-Brakrivier en die windjie was maar koelerig, maar soveel pret. Die jonges van Ruiterbos was omtrent opgewonde daar op die strand,” het Denise Lloyd, wat aan die staptog deelgeneem het verduidelik.
Garden Route Primary, Ruiterbos Laerskool en Groot-Brakrivier Sekondêr het aan die dag se program deelgeneem. Na die spele het elke deelnemer ‘n eetdingetjie en ‘n gelukspakkie gekry.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai Tuinroete nuus'