MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se drie Van Broekhuizen-woelwaters, RJ, Herman en Hannes, het die Saterdag, 16 Maart erkenning ontvang vir die 25 kere wat hulle al as vrywilligers diens gedoen het by Hartenbos parkrun.
Hulle help gewoonlik om alles op te ruim nadat die geleentheid afgehandel is.
Sonsambrele, gazebos, kegels, plastiektafels en stoele en wat nog word afgeslaan en weggepak vir die volgende week wanneer die parkrun weerom 08:00 plaasvind. Dit help glo ook om van hulle oortollige energie ontslae te raak nadat hulle die 5km-roete voltooi het.
"Almal is welkom om as vrywilligers op te tree by die parkrun. Jy hoef nie noodwendig 'n deelnemer te wees nie. Jy kan sommer net deel wees van die pret om die gemeenskap te dien want parkrun word deur die gemeenskap aangebied vir die gemeenskap. Oud en jonk is welkom."
Belangstellendes kan die Hartenbos parkrun se webblad besoek by www.parkrun.co.za/hartenbos en aanlyn registreer of stuur e-pos na hartenbos@parkrun.com
Deelname is gratis.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'