MOSSELBAAI NUUSFLITS - Kort voor 18:00 vanaand het 'n ongeluk die lewe van 'n vrou in haar vroeë twintigerjare, Joanne Saayman geëis toe sy by die Danabaaikruising deur 'n vragmotor getref is.
Nog twee persone is in dié ongeluk beseer, berig die woordvoerder van die KwaNonqaba-polisie, sers Kapp.
Die ander twee persone is met ligte beserings na die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal geneem.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'