MOSSELBAAI NUUS - ‘n 18-jarige vrou wat vanoggend, op Woensdag, 4 Mei op Louis Fourieweg in ‘n botsing met haar motorfiets betrokke was, is vroeër vanmiddag in ‘n hospitaal op Mosselbaai oorlede.
‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorledene in die rigting van Mosselbaai gery het, toe sy teen ‘n ander motorfiets gebots het.
Die omstandighede van die voorval word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'