Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Vyftien ywerige junior tennisspelers het onlangs aan 'n tennistoernooi en oefenkamp op Mosselbaai deelgeneem.
Die toernooi/kamp het op 2 en 3 Oktober plaasgevind en spelers van so ver as Vredendal, Welgemoed en Oudtshoorn het deelgeneem terwyl Mosselbaai plaaslik ook goed verteenwoordig was.
FOTOGALERY: Junior tennisspelers neem deel aan tennistoernooi
Die jong spelers het die mededingende kompetisie onder mekaar geniet. Daar is ook baie aandag aan tegnieke op elkeen se vlak bestee. Die hoogtepunt was egter die prysuitdeling.
Die drie professionele vlak-4 afrigters, Katie Müller, Margaretha Swanepoel en Katie van Niekerk, wat die twee dae aangebied het, het die Mosselbaai Tennisklub opreg bedank vir die daarstelling van hul fasiliteite.
Katie van Niekerk en Mia Swanepoel.
Die leerders span saam om al die tennisballe in ‘n mandjie te kry.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’