MOSSELBAAI NUUS - 'n 29-jarige man van Wolwedans, Dillon Moolman, is Saterdagmiddag, 11 Februarie, deur 'n motor raakgery in Amy Searle straat, Groot-Brakrivier.
Hy is deur die Mosselbaai nooddienste op die toneel gestabiliseer en per ambulans na die Mosselbaai Hospitaal geneem.
Volgens die woordvoerder van die Groot-Brakrivier polisie, sersant Lauriane Botha, het Dillon ernstige beserings opgedoen en is hy gisteraand na die George Hospitaal oorgeplaas.
Dillon is vroeër vandag met 'n EMS helikopter na die Grootte Schuur hospitaal in Kaapstad geneem vir verdere behandeling. Sers Botha, wat Moolman se pa bygestaan het tydens die voorval en na die George Hospitaal geneem het, sê die familie is erg geskok oor wat gebeur het.
Die persoon wat die motor bestuur het, het van die ongelukstoneel weggejaag. 'n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek. Adjudant-offisier Freddie Nel is die ondersoekbeampte in die saak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'