MOSSELBAAI NUUS - ’n Jeugorganisasie wat op die ontwikkeling van jongmense fokus kampeer tans in Mosselbaai.
Die Voortrekkers, ’n Afrikaner-jeugorganisasie, fokus op die ontwikkeling van veerkragtigheid, diensbaarheid, leierskap en goeie karakter deur spanvergaderings, vaardigheidsontwikkeling en kampering in die natuur.
Die groep kamp jaarliks in Mosselbaai. Vanjaar vier dié geleentheid, bekend as die Seejol, sy 35ste verjaarsdag en maak hulle gebruik van die De Bakke-kampeerterrein en die nabygeleë Santos-strand.
Sommige van die jongmense wat by die Seejol betrokke is, stel belang in kampkommunikasie en joernalistiek.
Hulle het Mossel Bay Advertiser genooi om met hulle te gesels oor joernalistiek en wat dit behels.
Deel van hierdie groep se aktiwiteite sluit in die skryf van artikels, die neem van foto’s en video’s en die aanleer van die terminologie in die joernalistiek.
Die Voortrekkers kuier van 28 Junie tot 5 Julie in Mosselbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’