Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Sowat 300 mense is vanaand op Hartenbos saamgetrek vir die Jan Braai Nasionale Braai Toer en van vroegmiddag reeds het deelnemers se vuurtjies geknetter terwyl die kele goed ge-olie is met allerlei versnaperinge.
Jan Scannell, oftewel Jan Braai, se oogmerk is om oudergewoonte soveel moontlik Suid-Afrikaners om n vuurtjie saam te trek op 24 September, Nasionale Erfenisdag, wat danksy sý toedoen reeds ook as Nasionale Braaidag gestalte gekry het.
Hy meen hoe meer mense saam braai, hoe minder kan mense van mekaar verskil.
Talle deelnemers aan diè toer stem heelhartig saam en op die kampterrein word heerlik gekuier terwyl vuurtjies gereed gemaak word om 'n feesmaal - vanaand hoendermayo-broodjies - voor te berei.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'