MOSSELBAAI NUUS - Die bekende Willie Spies van die prokureursfirma Hurter en Spies wat AfriForum reeds in verskeie groot hofsake verteenwoordig het, het Donderdag, 24 Oktober die gemeenskap van Mosselbaai toegespreek oor of ons nog 'n toekoms in Suid-Afrika het.
Spies het in sy toespraak verwys na vier gebeurtenisse in die geskiedenis waar daar ook nie meer hoop was nie en waartydens die prentjie maar somber was.
Hy het onder andere verwys na die jaar 1838 tydens die groot trek. Dit was volgens hmo 'n jaar van triomf was, maar het gepaard gegaan met baie teenspoed en tragedie. Hy het verwys na 'n klomp Voortrekkers wat aan die voet van die Drakensberge uitgespan het. Daar is ook verwys die geval toe van die boere met Dingaan gaan onderhandel het vir grond. Dingaan het 600 van die Voortrekkers doodgemaak in een nag op 4 en 5 Februarie 1838. Piet Retief se weduwee het in 'n brief aan haar familie in die Kaap geskryf en gesê: "Dit gaan moeilik, mense is moedeloos. Daar is 600 van ons doodgemaak asook my eie man, Piet Retief en my seun Pieter maar stuur vir my 'n klomp perskebome sodat ek die boompies kan plant en laat groei."
Spies verwys daarna dat ten spyte van die hartseer van hierdie weduwee, was sy blymoedig en vol hoop vir die toekoms. Tien maande later was die "triomf" van die Slag van Bloedrivier.
In sy toespraak het Spies verder verwys na drie ander voorvalle wêreldwyd onder andere tydens die Tweede Wêreldoorlog in Mei 1940 waar die mense in so 'n benarde posisie was toe die Nazi's onder leiding van Hitler feitlik die hele Europa ingeneem het.
Na die toespraak was daar vrae uit die gehoor. Hieruit was dit duidelik dat die publiek onseker is oor die toekoms van die land. Dit het egter ook geblyk dat geduld die deurslaggewende faktor sal wees en dat daar beslis 'n toekoms is vir elkeen in die land is.
Van links agter: Willie Spies (Hurter en Spies Prokureurs), Kobus Neethling (AfriForum Mosselbaai) en Raadsheer Dirk Kotze (Uitvoerende onderburgemeester). Voor: Louis en Joy Cook (AfriForum Mosselbaai). Foto: Jannie du Plessis
Die geleentheid was goed verteenwoordig deur besorgde inwoners van Mosselbaai en omgewing. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'