Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Inwoners van Mosselbaai het vanoggend, op Maandag, 26 April by die Mosselbaai-landdroshof bymekaar gekom om hulle ongelukkigheid teenoor geweld teen vroue en kinders te betoon.
DA-raadslede het die samekoms bygewoon en raadslede het hulle ten sterkste teenoor geweld teen kinders uitgespreek.
Dit volg op ‘n voorval in D’Almeida op Donderdag, 22 April waartydens ‘n 12-jarige kind deur ‘n inwoner van die gebied aangerand is.
Die slagoffer se pa woon op dieselfde erf as die verdagte. Volgens inligting het die slagoffer ten tye van die voorval by sy pa gekuier. Die seun is glo daarvan beskuldig dat hy ‘n kraan op die erf oopgelos het.
Die verdagte, ‘n inwoner op dieselfde erf, het na bewering die kind daarna ten aanskoue van ooggetuies by ‘n winkel op Asla Park aangerand. Hy is met die vuis toegetakel en in sy gesig geslaan. Die verdagte het daarna glo die kind se pa gebel en gevra dat hy sy seun moet kom haal. Met die pa se aankoms het hy sy seun in ‘n beseerde en geskokte toestand aangetref.
Die kind is na die Mosselbaai provinsiale-hospitaal geneem waar hy vir sy beserings behandel is.
Kyk 'n video hieronder:
Intussen het sy ouers ‘n saak van aanranding by die KwaNonqaba-polisiestasie aanhangig gemaak. Die verdagte sal vandag sy eerste hofverskyning in die Mosselbaai-landdroshof maak.
Die kind is met die vuis toegetakel en in sy gesig geslaan.
Inwoners by die Mosselbaai-landdroshof.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'