MOSSELBAAI NUUS - 'n Inwoner van Danabaai, Chris Meyer het die reënval by sy woning in P.Loreastraat die afgelope 30 jaar gemeet.
Soos Chris self opmerk is dit geskiedkundige inligting wat daarop dui dat die klimaat veral die afgelope drie jaar verander het.
Hier is die reënval wat Chris gemeet het:1991 (424mm), 1992 (610mm), 1993 (511mm), 1994 (532mm), 1995 (497mm), 1996 (520mm), 1997 (472mm), 1998 (589mm), 1999 (388mm), 2000 (387mm), 2001 (422mm), 2002 (518mm), 2003 (453mm), 2004 (391mm), 2005 (405mm), 2006 (568mm), 2007 (579mm), 2008 (488mm), 2009 (327mm), 2010 (457mm), 2011 (674mm), 2012 (617mm), 2013 (521mm), 2014 (642mm), 2015 (540mm), 2016 (421mm), 2017 (364mm), 2018 (272mm), 2019 (253mm) en 2020 (467mm).
Chris het opgemerk dat die laagste reënval in 2009 op Danabaai gemeet is en dat dit in 2019 die droogste in die afgelope 30 jaar was.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'