MOSSELBAAI NUUS - Die jaarlikse Interskole tussen Hoërskool Punt en Langenhoven Gimnasium vind op Vrydag 16 Augustus by die Van Riebeeck Stadion plaas.
Die rugby- en netbalspanne sal Saterdag teen mekaar meeding.
Die jaar beloof weer om die beste van die skole se verskillende sportspanne teen mekaar uit te haal.
Die mededinging is jaarliks besonder straf en is 'n gewilde item op inwoners se kalender om by te woon. Dit word jaarliks goed ondersteun.
Punt se eerste netbalspan.
Die eerste hokkiespan (seuns).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’