MOSSELBAAI NUUS - Brandweerdienste van regoor die Wes-Kaap trek hierdie naweek op George saam om Internasionale Brandweerdag te vier.
As deel van hierdie feesvieringe sal Mosselbaai se Brand en Rampbestuursdienste vandag omstreeks 10:00 weer 'n optog deur die dorp hou.
Daarna sal lede in George aan die Weskaapse brandweerdienste se optog daar gaan deelneem.
Op Saterdag sal 'n span Mosselbaai-lede ook tydens die Brandweerspele by die Garden Route Mall in George die res van die provinsie gaan wys wat in hulle steek.
Hulle nooi Mosselbaaiers aan om hulle te gaan ondersteun wanneer verrigtinge daar om omstreeks 10:00 afskop.
Kyk 'n video hieronder.
Stasiebevelvoerder Ann Supra-Virtue, tweede van links, saam met brandbestryders van die Mosselbaai Brand en Rampbestuurspan.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'