MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai NG Moedergemeente se kerktoring ondergaan onderhoud.
Volgens projekbestuurder en kerkraadslid, Lodewyk Coetzee, is dit die eerste keer dat die toring instandhouding moes ondergaan sedert dit in die vroeë 1950's gebou is. Coetzee is die eienaar van Coetzee Architects and Associates.
Die kerk is geleë op die hoek van Kerk- en Blandstrate, Mosselbaai.
Onderhoudswerkers, wat hoog langs die kerk se horlosie in 'n hyser, wat aan die merkbare blou hyskraan vasgemaak is, kan van die straat gesien word.
Instandhouding was nou egter na al die jare nodig weens bakstene wat losgeraak het, sê Coetzee aan die Mossel Bay Advertiser.
Onderhoudswerkers werk om die toring se los bakstene te vervang en nuwe sement te lê, asook waterdigting van die nuwe toevoegings, byvoeging van 'n weerligafleier, herstel van krake tussen stene, en om die toring se hoofverbindings te "herwys", verduidelik Coetzee.
Die hoop is dat die instandhouding teen Donderdag, 19 September, afgehandel sal wees, maar weens verwagte reën kan die werk tot Vrydag, 20 September, voortduur.
Sodra dié projek afgehandel is gaan Klipkerk, ook geleë in Kerkstraat reg langs die NG Moedergemeente, se koepel ook opgeknap word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’