TUINROETE NUUS - 'n Werksessie in die kortverhaalkuns word op 24 Maart by die Klipheuwel-padstal in Klein-Brakrivier aangebied.
Die aanbieder is Hannes Visser, redakteur van die Oudtshoorn Courant, ook 'n gepuliseerde digter wat tans aan 'n roman werk.
Die geleentheid vind plaas vanaf 09:00-15:00.
Die koste is R200 en sluit verversings en drinkgoed in. Die dagkursus sluit aantekeninge en 'n voorbeeld van 'n kortverhaal voor en na redigering in.
Die werksessie is prakties waartydens deelnemers inleidingsparagrawe skryf en algemene foute uitgewys word.
Hannes is bereid om die temas van die Bloemfontein Skrywersvereniging se kompetisie te lees en bespreek.
Hy het al per geleentheid gewen, asook tweede en derde plekke behaal.
Die sluitingsdatum vir hierdie kompetisie se inskrywings is 12 Mei.
Betaling vir die werksessie moet met bespreking geskied. Daar is slegs 12 plekke beskikbaar. Registrasie is om 08:45 die oggend.
Vir meer besonderhede kontak: Laurinda by 082 738 8011 of epos: laurindasmit@vodamail.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'