WES-KAAP NUUS - Bykans 1 800 mense is sedert die begin van die inperkingstyd op die provinsie se paaie in hegtenis geneem.
Die Wes-Kaapse verkeersowerheid sê dit is omdat hulle die maatreëls van die inperkingstydperk oortree het.
Die verkeershoof, Kenny Africa, sê hulle werksaamhede het verlede week afgeskop toe die inperkingstydperk afgekondig is.
Africa sê die meeste inhegtenisnemings was in die Kaapse Metro-gebied.
Hy het 'n beroep op motoriste gedoen om slegs hulle huise te verlaat wanneer dit absoluut noodsaaklik is.
Luister hier na sy beroep op motoriste
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'