MOSSELBAAI NUUS - Ingrid Keyser van Laerskool Park het deelgeneem aan die George Musiekvereniging se Jong Musikante kompetisie.
Sy het in viool, tjello en sang gekwalifiseer, maar kon slegs twee items kies vir die finale konsert en prysuitdeling, wat op Vrydag, 8 Junie, plaasgevind het.
Haar tjello-optrede en sang was prysenswaardig. Ingrid het die Anna du Toit Bravura-trofee vir die mees veelsydige deelnemer ontvang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’