MOSSELBAAI NUUS - Verskeie wonings op Groot-Brakrivier is onlangs deur vermoedelik 'n sindikaat geteiken in wat blyk na fyn beplande rooftogte.
Volgens die woordvoerder van die polisiestasie op Groot-Brakrivier, sers Chantel Marais, is slegs vakansiewonings tot dusver geteiken.
Die inbrekers se werkwyse is om toegang tot wonings se badkamervenster te verkry deur dit uit die raam te haal, of gaatjies te boor in houtvensterrame.
Die tye wanneer die huise geteiken word is tussen 01:00 en 05:00.
Vogens sers Marais maak die inbrekers 'n gat in die plafon van die badkamer waarna hulle in die dak klim en dan die huisalarm deaktiveer deur spesifieke drade te knip.
Items wat gesteel word is, skootrekenaars, selfone en televisies.
"Ons doen 'n beroep op huiseienaars om addisionele veiligheidsmaatreëls te oorweeg.
"Gesels ook met u sekuriteitsmaatskappy oor die beste opsies om optimale sekuriteit te verseker."
Kontak die Groot-Brakrivier-polisiestasie by 044 620 3361.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'