MOSSELBAAI NUUS - Dana Bay Security (DBS) Garden Route het Dinsdagoggend, 21 Januarie, 'n inbreker vasgetrek en een het weggekom na 'n inbraak by 'n huis in Nutanstraat in Danabaai.
Volgens inligting was die alarm by die huis nie aktief nie maar het die inwoners iets gehoor en dadelik DBS se beheerkamer geskakel. Rhonwen Frans wat patrollie gedoen het, is ongeveer 06:30 dadelik na die toneel en het twee manne sien weghardloop.
Die twee inbrekers het dadelik hasepad gekies strand toe waar Rhonwen een van die manne by Tweedestrand vasgetrek het.
Die ander inbreker het in die rigting van van Moquini Coastal Estate ontsnap en het weggekom. Die gearresteerde inbreker is aan die polisie oorhandig. Die inbrekers word volgens die polisie aan verskeie inbrake in die omgewing gekoppel.
Die artikels wat die inbrekers gebuit het is net so agter gelaat en bestaan meestal uit kombuisware.
Toegang tot die woning is deur 'n venster bekom nadat die diefwering oppgebreek is.
Pieter Ferreira, eienaar van Dana Bay Security, saam met Rhonwen Frans en Gary Benn. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'