MOSSELBAAI NUUSFLITS - 'n Inbreker is vanmiddag in 18de Laan, Mosselbaai deur 'n huiseienaar geskiet.
Volgens die Mosselbaai-polisiewoordvoerder, adjudant offisier Pieter Koekemoer het die klaer in die saak uit noodweer opgetree.
Koekemoer sê die eienaar van die huis beweer dat die inbreker hom met 'n graaf aangeval het, toe hy die sneller uit noodweer trek.
Die verdagte word vir sy beserings in 'n plaaslike hospitaal behandel.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'