MOSSELBAAI NUUS - Wêreld Biddag vir vroue - Wêreld Biddag vir vroue vind op Vrydag, 1 Maart om 15:00 by Mosselbaai Herlewingsentrum in uitbreiding 23 plaas.
Garden Route Cansa Relay
The arrangements for the 2019 Cansa Relay for Life Garden Route are in full swing. This award-winning event will take place at the D'Almeida Stadium from 2 to 3 March and teams wanting to participate can already sign up. For more information, call the toll-free number, 0800 22 66 22, or visit www.relayforlife.org.za
Houtwerkersgilde vergader
Die Mosselbaaise Houtwerkersgilde vergader op 5 Maart om 18:00 aanhuis van Sias Coetsee, Katjiepieringstraat 27, Hartenbosheuwels. "Kom kyk hoe werk die pallet killer, 'n patent ontwerp deur een van die lede. 'n Praktiese demonstrasie sal ook gelewer word. As jy nog altyd gewonder het hoe om 'n skaakbord te maak, kom leer by die manne wat weet."
Almal is welkom, jy hoef nie noodwendig 'n lid te wees nie. Vir enige navrae kontak die voorsitter, Sias Coetsee (044 695 0872 of 082 821 7164).
OEV-ledevergadering
Die ledevergadering van die Onafhanklike Entrepreneurs Vereniging (OEV) vind op Woensdag, 6 Maart om 10:00 in die Mosselbaai-stadsaal plaas.
Vir enige navrae kontak Melanie 072 837 8803.
Midbrak-belastingbetalers vergader
Midbrak-belastingbetalers se kwartaalikse ope vergadering vind op Donderdag, 7 Maart om 13:00 in die Reebok-gemeenskapsaal in Koedoelaan, Reebok plaas. Alle eiendomsbelastingbetalers van Midbrak is welkom aangesien hulle outomaties lede is van die vereniging. Kontak voorsitter George Nezar (083 419 4332 of www.midbrakratepayers.co.za) vir navrae.
Midbrak Ratepayers' meeting
The Midbrak Ratepayers' Association will be holding its quarterly open committee meeting on Thursday, 7 March at 13:00 in the Reebok community hall. All interested residents are cordially invited to attend. Enquiries to George Nezar (083 419 4332 or www.midbrakratepayers.co.za).
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'