MOSSELBAAI NUUS - Kenani Dienssentrum se naaldwerkgroep, Vlytige Vingers, het ‘n projek aangepak om speelgoed vir kleingoed wat terminaal siek is, te brei of hekel.
Met al die liefde waarmee die projek aangepak en afgehandel is, kon dit nie anders as dat daar ‘n sakvol speelgoed gemaak is nie.
Die speelgoed is aan die Naaldwerkgilde oorhandig, wat dit aan die Red Cross War Memorial Children's Hospital in Kaapstad sal besorg.
'Baie dankie'
‘n Woordvoerder vir die groep het gesê: “Baie dankie aan elkeen van die lede vir hul entoesiasme en passie. Ons sien alreeds uit na ons volgende gemeenskapsprojek.
“Die vreugde wat die skenkings vergesel het, het inderdaad van die liefde van die Here getuig. Ons weet dat hierdie speelgoed baie kinderhartjies sal warm maak.”
Enige skenkings van wol sal met groot liefde aanvaar word en kan by Kenani afgegee word. Vir verdere inlgting kan Riana by Kenani (044 690 3204) gedurende kantoorure gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’