GROOT-BRAKRIVIER NUUS - 'n Inwoner van Groot-Brakrivier wat na haar dogter en kleinkinders omsien het alles in 'n onlangse huisbrand verloor.
Inwoner, Laurianne Botha wat ook vir die Groot Brak-polisie werk het 'n beroep op enigeen gedoen wat die vrou op enige wyse kan bystaan en help. Die kinders, twee meisies, is nege- en 13-jaar oud en gaan op Groot Brak skool.
Die oorsaak van die brand moet nog vasgestel word.
Enigeen wat op enige wyse kan bydra kan Botha kontak (082 522 1685).
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'