MOSSELBAAI NUUS - Drie inwoners van Outeniquastrand is vanoggend deur 'n onbekende getal verdagtes vasgebind en beroof. Die voorval het om ongeveer 03:00 plaasgevind.
Niemand is tydens die huisroof beseer nie.
Twee selfone en vier skootrekenaars is gesteel. Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek 'n saak van huisbraak en roof.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’