MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit se ope-dag vir die inhandiging van gevaarlike huishoudelike afval vind hierdie week plaas. Hierdie ope-dae is besonder gewild aangesien hierdie diens gratis aan die publiek gelewer word deur die Mosselbaai-munisipaliteit.
Die ope-dae vind op 22 en 23 Maart in onderskeidelik Mosselbaai en Groot-Brakrivier plaas. Afval sal op beide dae tussen 08:30 en 14:00 ontvang word.
Tydens die ope-dae word 'n diens ook gelewer met betrekking tot die verwydering van asbes.
Die Mosselbaai-munisipaliteit het in 2022 die voorloper onder munisipaliteite geword om hierdie diens aan die publiek te bied.
Hoewel dit 'n betaalde diens is, is die pryse uiters kompeterend. Sedert die asbesverwyderingsinisiatief in werking getree het, is reeds meer as 3,5 ton asbes wettig en veilig deur die munisipaliteit verwyder.
Lede van die publiek word versoek om die items, indien moontlik in 'n sterk kartondoos te plaas.
Selfs die oorspronklike verpakking indien moontlik. Kartondose moet gemerk word. Vir meer inligting, skakel 044 606 5000 en gesels met die vullisbeheerafdeling.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’