MOSSELBAAI NUUS - Die polisie in KwaNonqaba is steeds opsoek na twee verdagtes wat 'n huis in Uniondalestraat, helder oordag, op 30 Mei beroof het.
Volgens die KwaNonqaba polisiekommunikasiebeampte, ao Kappie Kapp het die verdagtes met die 37-jarige slagoffer by haar huis om 11:00 gesels terwyl sy by die tuinhekkie gestaan het.
"Die mans het vir water gevra en toe die vrou omdraai om vir hulle dit te gaan haal het hulle haar met 'n vuurwapen die huis ingedwing."
Kapp sê die verdagtes het geëis dat die vrou vir hulle die kluis oopsluit waarin 'n wettige vuurwapen gestoor word.
"Hulle kon egter nie die kluis vind nie en het 'n onbekende bedrag kontant gegryp en gevlug."
Die verdagtes was teen die ter perse gaan steeds op vrye voet.
Die polisie ondersoek 'n saak van huisroof.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'