MOSSELBAAI NUUS - Heleen Coetsee, eggenote van Sias Coetsee van die Houtwerkersgilde hou jaarliks 'n sop en sjerrie-aand by hul huis vir die gilde-lede en hul gades.
By die geleentheid is daar 'n nie-verpligte donasie-blikkie waarin donasies geplaas kan word en die wins dan aan die plaaslikse Dierebeskermingsvereniging (DBV) oorbetaal word.
Verlede week was weer so 'n geleentheid en het die groep lekker saam gekuier, sjerrie geniet en van die heerlik sop genuttig.
Vir enige navrae oor die Houtwerkersgilde kan Sias (082 821 7164) gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’