MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit doen 'n beroep op inwoners om gevalle van rondloperdiere by die Garden Route DBV Mosselbaai aan te meld by 044 693 0824 of, ná ure, by 082 287 1761.
Inwoners word ook versoek om te verseker dat hul troeteldiere nie uit die werf ontsnap en 'n oorlas vir ander inwoners in die strate word nie.
Ongelukke gebeur wel en honde kom soms uit hul eienaars se erwe. Daarom versoek die munisipaliteit die troeteldiereienaars om seker te maak dat hul troeteldiere die korrekte kontakbesonderhede op die halsbande het, of dat hulle troeteldiere 'n mikroskyfie met hul detail op by die plaaslike veearts sal kry. Eienaars moet ook gereeld die inligting op die mikroskyfie hersien sodat die inligting strook met hul huidie adres en kontakdetail.
Sou dit gebeur dat troeteldiere per ongeluk uit hul eienaars se erf ontsnap, word bure en ander inwoners versoek om die DBV onverwyld te kontak om die diere in veilige bewaring te neem. Dit is tot voordeel van beide die troeteldiere en die inwoners in die area waar die troeteldiere op straat beland het.
Dieselfde versoek geld vir gevalle waar perde, beeste, bokke of ander diere op munisipale deurpaaie aangetref word.
Die gemeenskap se vriendelike samewerking sal waardeer word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'