Hulle het op hierdie groot projek besluit en ander Tafels van regoor die wêreld sal hulle finansieël bystaan met die projek.
Die grootste hoeveelheid fondse word deur Mosselbaai se Tafelronde gegenereer by die Buffalo Rally se kroeg, wat die hulle jaarliks behartig. Die Buffalo Rally word deur die Kaapstadse motorfietsklub, die Nomads, aangebied. Sonder hierdie Buffalo Rally sou die projek nooit 'n werklikheid kon word nie.
Tafelronde voorsitter mnr Mark Furness het met die KwaNonqaba SAPD gekontak, wat lede van die klub die omstandighede van 'n plaaslike kleuterskool gaan wys het.
Die kleuterskool en grond waarop dit gebou is, behoort aan Khanyise Educare. Na 'n behoorlike openbare deelname proses het die gemeenskap baie entoesiasties reageer op die Tafelronde se voorstelle vir die opgradering van fasiliteite vir die kleuters by hierdie skooltjie.
Bouplanne is verlede week by die munisipaliteit vir goedkeuring ingedien, en tenders vir die bouwerk vir die projek sluit vandag.
Die Tafelronde bedank die professionele instansies vir die hulp wat hulle reeds met die projek ontvang het, onder andere, Lennis van Schalkwyk – landmeters; Weston Argitekte – argitek; Parsons Plumbing – loodgieterswerk; Mossel Bay Roofing – dakwerke; en Rauch Gertenbach Prokureurs – erf oordrag.

Toestande soos hierdie, waar kleuters op die grond moet slaap by die Khayise Educare sentrum, het die Mosselbaai Tafelronde genoop om 'n behoorlike kleuterskool met behoorlike geriewe vir die KwaNonqaba gemeenskap op te rig.